Gevoelvol, selfversekerd en met haar arms boordensvol met splinternuwe hartsmusiek is die sangeres en liedjieskrywer Cordelia terug. Dit is vier jaar sedert haar debuut, Die beste. Maar met haar nuwe versameling van vyftien liedjies, Breek die stilte, is daar ‘n tydlose bekoring wat uit elkeen van die nuutskeppings straal.
Cordelia het nie slegs ‘n passie vir musiek nie, maar ook ‘n hart vir mense en die gemeenskap. So is sy ook tans genomineer as een van Finesse tydskrif se Top 10 Inspirasie Vroue in Suid-Afrika. Dit is ‘n groot eer om die nominasie te ontvang Cordelia wil graag die geleentheid gebruik om ‘n daarwerklike verskil te maak in mense se lewens.