Dis miskien glad nie toevallig dat mense aangemoedig word om cheese te sê wanneer foto’s geneem word nie met die idee dat die woord jou mond in ‘n natuurlike glimlag sal laat verander nie. Want in 2017 het die liedjie “Kaas Elke Dag”, deur die nuwe kunstenaar Jan Bloukaas mense skielik van oor tot oor laat glimlag.
Maar wie is Jan Bloukaas? Sy matriekvriende aan Hoërskool Tygerberg ken hom beter as Jean du Plessis en roem wink vir die man as hy die dag sy pen na die laaste eksamen neersit. Binne twee maande is die liedjie meer as 400 000 keer op YouTube geluister.
As jou partytjie of funksie bietjie skop nodig het, is dit dalk tyd dat jy vir Jan Bloukaas bespreek.