Met Juan Boucher se albums 082…, Jy’s My Flavour, Gee Jou Hart ‘n Breek en Kalm voor die Storm het die gewilde sanger-liedjieskrywer sy musiekliefhebbers oorrompel en die beoordelaars van treffermusiek beïndruk.
“Om ‘n sanger te wees, is nie ‘n keuse nie: dit word vir jou gegee. As jou lande omgeploeg word en jy gebruik dit om met jou pyn, hartseer en teleurstellings te hanteer en om ander te inspireer, is dit ‘n gawe van Bo. As ‘n liedjieskrywer moet dit uit jou hart en siel kom. Musiek vorm ‘n groot deel van ‘n mens se lewe en daarom is dit vir my ‘n voorreg om iets terug te gee,” sê Juan.
“Ek skryf musiek omdat dit die pad vir my teer om my lewe te geniet, terwyl ek nog met my twee voete die aarde in al haar glorie geniet. Die boodskap agter elke liedjie is natuurlik liefde vir mense, want wat is musiek sonder liefde?