Kevin Leo
Hy is ‘n boorling van Rustenburg, wat van kindsbeen reeds ‘n sterk liefde vir die verhoog koester, met menige toekennings vir sang en toneel. Met sy betrokkenheid by die Dawid Sanggroep ( sanggroep van die SANW ) asook sy buiging op die Cresendo verhoog as finalis in die mansvokaal afdeling in 1994, was dit vroeg reeds duidelik wat hierdie man met sy lewe wil doen.
Kevin se wonderlike sangtalent is al gehoor op verhoeë in Europa en het op menige versoek sy splinter nuwe album getiteld “Kevin Leo-Voce” op die KKNK 2003 vrygestel. Hierdie album is saamgestel uit al Kevin se gunsteling ligte opera nommers, wat by al sy vertonings die mense op hulle voete het. Hy interpreteer hierdie liedere op sy kenmerkende fluweel-agtige manier en hy verras ook met nommers soos “Always on my mind”, “Caruso”en “O’Sole Mio”.