Oorspronklik van Rustenburg in Noordwes word Liezel Pieters bestempel as die Laura Branigan van Afrikaanse Musiek. Haar eerste enkelsnit, “Asemloos”, resoneer met die glans van die laat tagtigerjare toe legendes soos Belinda Carlisle en Jennifer Rush groot opslae gemaak het – die tipe stem wat jou oor laat jeuk vir meer!
Buite die glans van die vermaaklikheidswêreld is sy ook ‘n groot kampvegter vir diereregte. Sy beoog om eendag haar eie wildsplaas te besit en daar af te tree.
Die talente van Liezel Pieters is op treffers van legendes op topklas-verhoë gevorm en sy is, sonder twyfel, een van die helderste opkomende sterre om dop te hou.