Robbie Wessels
Die reuse trefferliedjie “Leeuloop” word deur Vodacom gebruik vir hul advertensieveldtog en skielik weet die hele land wie Robbie Wessels is. Hierna het Robbie nie opgehou met sy kreatiewe produsering nie. Opvolg albums is,“ Afrika Sonsak“ in 2009, „“Kaalvoet“ in 2011 asook “Als wat ek het“ in 2014. Treffer liedjies op hierdie albums is, Hou Vas Jou Matras, Waar Lê Jy Vanaand? Verbode Vrugte, Leeuloop, Asseblief my lief, Die Coach se Speech, Asetileen en Suurstof, All Blacks teen die All Blacks en vele meer.
Al Robbie se liedjies is oorspronklik en word uit persoonlike ervaring neergepen. Met sy lewenspad kruis Robbie baie interessante mense, wat toevoeg tot al die stories wat hy met soveel deernis vertel deur sy musiek. Robbie het ‚n unieke aanvoeling vir die wereld se dinge en sy mense, dit word duidelik gesien en gehoor deur sy werk en gee hy slegs die krediet aan sy Skepper wat hom hierdie geskenk gegee het om mense te kan vermaak. “Ek is ‘n rustige ou wat lief is vir my land, my familie en ‘n glasie rooiwyn so nou en dan,” sê Robbie.