Touch of Class
Highly talented and recommendable musicians, Deon van der Merwe & Dusty Dixon is know well known as “Touch of Class”
Die groep Touch of Class, met oorspronklike lede Deon van der Merwe en Ronell Erasmus, het in 1985 onstaan en was aanvanklik ook die begeleidende orkes vir Anneli van Rooyen, Manuel Escorcio en André Schwartz.
Na 23 jaar saam het Ronell gedurende 2011 besluit om haar slegs op haar geestelike loopbaan toe te spits. Gedurende hierdie tyd het Ruhan du Toit by Touch of Class aangesluit en tot op hede het hy en Deon reeds elf albums saam voltooi. “Koffiefontein”, “Groep 2”, “Nostalgie”, “Lotzsa Smokie”, “A Touch of Classic”, “Stukkie van der Merwe 1”, “Stukkie van der Merwe 2”, “Classic Rock Project”, “Dans in die Reën” en die “Salute the Legends” reeks met onder meer Demis Roussos, Joe Dolan en Gé Korsten is uitreikings waarop hulle trots is.