William se musiek bestaan meestal uit oorspronklike geskryfde snitte onder meer ‘n paar betekenisvolle ballades, luistermusiek en ook heelwat lekker dansnommers. Nie net is hy ‘n liedjieskrywer nie maar bespeel hy ook ‘n hele paar instrumente waarvan hy kitaar, klavier en mondfluitjie op die verhoog speel. Behalwe vir sy oorspronklike snitte kan William ook ‘n verskeidenheid van “cover” liedjies speel wat varieer tussen die sestiger jare tot onlangse musiek wat hom dus in staat stel om enige funksie te behartig. Sy vertoning is lewendig, bestaande uit goeie musiek, bietjie komedie en ‘n lekker atmosfeer.