Jak de Priester
Sedert sy debuutalbum, het talle nommer een radiotreffers, toekennings, benoemings en suksesvolle albums gevolg, waaronder Strate Van My Hart (2004), Brooklyn ‘Poet’ (2005), Stellenbosch Lovesong (2007), Groen Mamba (2008), 16 Briewe Aan My Baby (2010), Die Liefde Los ’n Spoor (2011), N1 van my Hart (2012), Ek Reis Na Gister (2015) en ’n kinderalbum en –DVD, Myne, Myne, Myne (2014). Hy was ook te sien in verskeie verhoogproduksies soos Underground, Strate Is Nie Stom Nie, Nataniël and Friends, Net ’n Bietjie Liefde Vir Die Langpad, en vele meer.
Musiek is egter nie die blondekop se enigste talent nie, want hy blink ook uit as digter en skrywer. Hy stel in 2005 sy eerste digbundel, Heuning in die Mond, vry gevolg deur ’n boek boek, Brood, in 2010. Een van sy gedigte, Onsekerheid, is ook in 2009 ingesluit in die nuwe Afrikaanse Groot Verseboek. Die sanger skryf ook sedert 2011 die rubriek, Pa se Stem, vir Baba & Kleuter.