Van Stellenbosch se Eikebome tot die Jakaranda stad se nuwe drome het Jakkie aangehou glo.
Sy eie musiek sal gehoor word en sy naam sal ‘n huishoudelike naam word in Suid Afrika.
Na 20 jaar het Jakkie Louw by meeste, feeste, skole, universiteits jole en dorpe in SA opgetree saammet sy orkes.. Die Jakkie Louw band!
Sy oorspronklike vertonings word gekenmerk aan ‘n goeie positiewe energie en liedjies soos Een miljoen woorde spreek met jou siel.
Drie Pikkewyne was die eerste groot nasionale treffer en is vinnig opgevolg met Die Hoendersong. Jakkie se pen het later ‘n sagter kant gewys met die reuse treffer en kankerbewustwording liedjie Een miljoen woorde. Jakkie keer weer terug na lekker kuier-liedjies soos die allergewilde Rooi Willie en Koekieloekie