MarulaBoom het nog altyd n besige optrede rooster gehad. Hy is verlief op die verhoog, daar is hy op sy gemak en hy voel tuis voor n gehoor. Sy eie-aan-hom vertoning van komedie, gehoor interaksie en onverwagse verrassings maak dit iets om elke keer na uit te sien.
“Ek hou van interaktiewe vermaak waar die gehoor voel hulle is deel van die aksie, die optrede moet n belewenis wees en elke faset bruikbaar moet ingespan word om vir die gehoor iets te gee wat hulle nie sal vergeet nie.”
Marulaboom het in die verskeie fasette van sy loopbaan al Huisgenoot Tempo, Ghoema, Vonk en SAMA nominasies ontvang.