Pieter Koen
Met verskeie SAMA-nominasies en ’n Vonk/Rapport-toekenning op sy kerfstok, keer Pieter Koen terug met 13 kontemporêre redes om regop te sit, die ore te spits en goeie oorspronklike musiek waarmee ons almal kan identifiseer, te vier.
Hierdie ATKV- en Huisgenoot Tempo-vereerde TV-aanbieder en se agtste indrukwekkende album, Wat Die Hart Van Vol Is, maak vinnig opslae as sy beste versameling ooit.
Sedert 1997 is die vermaaklikheidswêreld al sy speelveld, maar dit was sy EMI Music trefferalbum, Skud Jou Biscuit, wat van Koen volksbesit gemaak het. ’n Dekade later spoor hierdie status, sowel as sy katalogus van agt albums en een DVD, hom steeds aan. En met 2015 wat op volle dreef is, verteenwoordig Wat Die Hart Van Vol Is die volgende hoofstuk wat bestuur is om ons gesamentlike vermaakswerklikheid op ’n magdom vlakke te beïnvloed.
Neem nou maar sy debuut, Run With Me, in 1997, waarna EMI hom aan boord geneem het vir sy tweede album, Skud Jou Biscuit, in 2004. Voeg daarby Welkom In My Wêreld in 2005, Tattoo in 2006, 3 Susters in 2008 en 3 Susters
+ Superman ’n jaar daarna. Volgende was daar sy debuut DVD-album, Tattoo Live, en die CD-bekendstelling van Haak ’n Bietjie Uit in 2010. “So baie het gebeur sedert ek my laaste album vrygestel het,” voeg Pieter by. “Tussen my TV-werk vir Jukebox en die aanbieding wat ek op Kwêla doen, is ek deur Hit Factory Records genader, en saam het ons die volgende hoofstuk van my musiek beplan.” Die eindproduk is ’n 13-snit vooruitsprong reguit na die toppunt van die trefferlyste, ’n plek wat Pieter goed ken en na aan die hart lê. Pieter was tot onlangs die aanbieder van die gewildse Afrikaanse Top 20 radioprgram op Jacaranda 94.2.
In ’n bedryf wat Pieter oor die laaste dekade help vorm het, is dit een ding om met aanhangers te skakel maar dit vereis ’n spesiale soort ster om hulle werklik te betrek en hulle aandag te behou. “Die Suid-Afrikaanse musiekbedryf het so baie gegroei vandat ek my debuut destyds in 1997 vrygestel het,” dink hy terug. Sedertdien het Pieter ook een van die land se min waarlik suksesvolle en veelsydige verhoogkunstenaars geword. “Ek het eers by musiek begin,” voeg hy by, “en toe gebeur TV en radio as gevolg daarvan. Elke aspek van my lewe voed die ander, en dit is dié deel waarvan ek die meeste hou.”