As jy gedink het jy gaan met gevoude arms agteroor sit en ‘n show bywoon, het jy ‘n fout gemaak. Saamsing en vermaak uit die boonste rakke met asemrowende klank- en beligtingseffekte, is nader aan die waarheid van ‘n tipiese Pieter Smith – vertoning. Energie- en aksiebelaaide konserte vir oud en jonk.
Een van die hoogtepunte tydens die optredes is Pieter se kitaar solostukke waarmee hy die gehoor trakteer en telkemale met nuwe tegnieke verras – vervolmaakte kitaartegniek in die beste vorm denkbaar.
‘n Vertoning wat gestand doen aan die belofte van nostalgie en ‘n heerlike partytjie.