Ronell Erasmus
Die vrolike gospelsangeres het geen bekendstelling nodig nie. Ronéll Erasmus se elf geestelike albums het al die harte van soveel aanhangers geroer en deur haar musiek die tuistes van duisende met ‘n passie vir die Here gevul. Sy is ‘n gesiene vrou in die musiekwêreld, maar sy het nes elke hoopvolle musikant klein begin.
Ondanks die feit dat sy as ‘n musiek-guru geag kan word en die unieke talent van perfekte gehoor(“perfect pitch”) bemeester het, is die blou-oog sangeres se voete stewig op die grond gevestig. Ronéll beskou haarself as ‘n introvert, alhoewel daar nie ‘n bang haar op kop verskyn nie en sy sonder huiwering spinnekoppe en slange vreesloos kan aanraak. Sy het haar huis in die stad vir die vreedsame en skone natuur verruil waar sy ook die plaas met haar man John Mostert, en talle honde, ganse, bokke en drie kameelperde deel. John en Ronell is 7 Januarie 2011 getroud.