Manie Jackson
Uiteindelik is daar weer ‘n stem om opgewonde oor te raak! Hier is Manie Jackson met sy eerste Select-album! Hy sing country, hy sing pop, hy sing ballades, hy sing dansnommers…
Kortom: hy kan en mag maar sing! Hy doen dit jare al en met daardie volronde stem het hy talle musiektoekennings verdien. Nou kry die hele land die geleentheid om sy stemgehalte en vertonings te geniet
Manie se twee video-opnames van Die hemel weet en Julia is ook gereeld te sien op die kassie. En daarby het hy ook nou al drie verskynings op TV gemaak, en dit in die programme DKNT (sy album kuier al vir weke op die Top 10!), Jukebox en Opskop. Manie het ook sopas die SAMA-toekenning in die country-genre verower, en daarby ook nog vriend en vyand verras toe sy album “MJ” na slegs tien maande platinumstatus bereik!
Hy het beslis sy merk gemaak en het reeds Sterstatus, en kan deesdae nie voorbly met optredes by verskeie funksies, klubs en nasionale feeste nie. Sy optredes is ook gemik op oud en jonk, en bevat verskeie musieksoorte, om aan almal se smaak te voldoen! Geniet musiek wat opkikker; boonop deur ‘n stem vertolk wat die passie van musiek tot sy reg laat kom! En sy nuwe album “Liefde en Genade” is sopas uitgereik en beloof groot dinge!